Metal Madness 2024

Nie eens die dreigende weer kon die mense keer om op te daag nie! Op Saterdag 6 April het Hein’s Gym opslae veroorsaak in Danabaai met die Metal Madness 2024 Kragoptel kompetisie. Die Uitvoerende Onderburgemeester Alderman Cliffie Bayman het die verrigtinge geopen met ‘n verwelkoming aan die atlete en die toeskouers. Sy inspirerende boodskap het die toon aangedui vir die dag. Hy het ook die skeidsregters bedank wat van ver af gekom het om hulle kennis en insig te deel met ons. Dank is uitgespreek teenoor Martin Smit, Danielle Viljoen en Jade Duncan vir hulle moeite, tyd en professionele toesig oor die verrigtinge wat tot die sukses van die kompetisie bygedra het sodat die harde werk wat die atlete ingesit het, op Nasional vlak erken kan word vir kwalifisering vir Nationale kompetisie later die jaar in Johannesburg, en om die SA rekords offisieel te erken .  Rhino Powerlifting Club (RPC) is een van drie federasies met Internationale affiliasie in kragoptel in Suid Afrika, en 16 RPC Suid Afrikaanse rekords is opgestel.

So proud of all our athletes!  The referees comments were very encouraging, saying that it is clear that the sport of Powerlifting in the Western Cape was safe in the hands of Hein’s Gym.  Looking forward to our next one later this year.

 

Facebook Comments